Saterdag was Laerskool Hermanus se jaarlikse rugbydag. Om die Graad 1's dop te hou, is net so senutergend soos om die Springbokke Sevens in die IRB Finaal te kyk. Dis gryp die bal en HARDLOOP vir die doellyn, sidestep en druk die drie! Die O7/B spannetjie van Durbanville Voorbereidingskool het hul harte uitgespeel. Selfs die gietende reën, nat veld en gladde bal kon hulle nie keer van 'n oorwinning nie.
MOOI SO MANNE!
PS: Ingeval jul nie Francois herken sonder sy bril nie (hy't aangedring op kontaklense vir die rugby), hy's die een met die skrumpet en die vreesaanjaende gesig!




No comments:
Post a Comment